Jacques de Wet

From Let's Talk Network Wiki

Jump to: navigation, search

Biografie

Op sodanige datum gebore dat ek in 1963 kon matrikuleer aan die Nelspruitse Hoƫrskool. Na 'n luilekker 9 maande by SAW en seuns begin ek in 1965 by Tukkies en bestudeer toe (voltyds / deeltyds / aan en af) verskeie aspekte van Landbouingenieurswese, Siviele Ingenieurswese en Argitektuur en is toe uiteindelik verplig om as boukundepraktisyn (BSc Boukunde) te kwalifiseer hoofsaaklik omdat ek teen daardie tyd al getroud was en my vrou begin kinders kry het.

Gedurende min of meer dieselfde tyd werk ek (voltyds / deeltyds / aan en af) in verskeie ingenieurs- en argitekstekenkantore, op konstruksieterreine, selfs in staatsdepartemente totdat ek uiteindelik by Eskom beland het waar ek na 29 jaar afgetree het as projekbestuurder.

Ek doen rowwe houtwerk (g'n swaelstertvoeƫ en die soort van ding nie), probeer skilder en 'n paar bonsai aan die gang kry en in 'n gemiddelde skaakklub reken ek sal ek die top 95% haal. Ek speel al hoe minder rolbal (om te leer skilder vat tyd) en het destyds vir Boukunde trapkar gery.

Wat my opgewonde gemaak het was toe ek die eerste reggekry het om fiets te ry, 'n hoek in drie dele te deel (st. 9, st. 10 agtergekom dis verkeerd) en Fermat se postulaat te bewys (kan net nie onthou waar ek dit neergeskryf het nie).

Tans, op die ouderdom van 59 jaar, 59 maande, 59 weke en 59 dae (12 September 2011) is ek ook steeds besig, sedert my kinderdae al, met twee projekte naamlik die verdubbeling van die kubus en die omskakel van 'n sirkel na 'n vierkant.

Personal tools