Gideon de Wet
From Let's Talk Network Wiki
Biografie
As kind was ek mal oor enjins en karre, en het gevolglik meganiese ingenieurswese by Universiteit van Pretoria gaan studeer. Ek het egter vinnig agtergekom dat daar baie ander interessante dinge in die bedryf is, maar karre is steeds ‘n passie.
Behaal die volgende kwalifikasies: B.Ing (meganies) (2000) M.Ing (meganies) (2005) (Pret). Na universiteit het ek gewerk as Meganiese Ingenieur in Opleiding te Yskor Staal Vanderbijlpark (nou Arcelor-Mittal) van 2003 tot 2004. Daarna aangestel as Meganiese Ingenieur by die Direkte Reduksie aanleg (ook te Arcelor-Mittal) in 2005. Gedurende hierdie tyd het ek my M.Ing verhandeling (deeltyds) voltooi in CFD (berekeningsvloeimeganika), waarvan die titel heet Wiskundige optimering van die ondergedompelde spuitstuk in die staalstringietproses deur gebruik te maak van CFD.
Is tans werksaam te IST Nuclear (nou Westinghouse Electric Suid-Afrika) as Meganiese Ontwerp-ingenieur sedert September 2006. Dié maatskappy verskaf hoof substelsels aan die kern-koeëlreaktorprojek (PBMR). Ek was spesifiek betrokke by die verbruikte brandstof op-perseel tydelike verbergingstelsel. Soos PBMR-werksaamhede verminder het weens kwynende regeringsteun, was ek ook werksaam op Westinghouse se AP1000 drukwaterreaktor-projek (deels in Amerika maar meestal ondersteuning uit Suid-Afrika). Tans is ek werksaam op sortering- en samepersings-aanlegte (vir die verwerking van laevlak kernafval van drukwaterreaktore) as ondersteuning vir Westinghouse Duitsland. Ook werksaam (deeltyds) as raadgewende ingenieur en eindige element ontwerper van glas- en koolstofvesel paalspringpale in ‘n onderneming wat van stryk begin is tesame met ‘n universiteitskollega.
Kontakbesonderhede
E-pos: dewetgj@gmail.com

